Groepsterapie

As ‘n deel van wat ek doen as ‘n Berader, en in my poging om soveel mense as moontlik te help om vervulde lewense te lei, fasiliteer ek die volgende groepe:

PROSES GROEP

Hierdie is ‘n maandelikse groep, wat ek elke laaste Donderdagaand van elke maand vir vrouens aanbied.

Die doel van die groep is om ‘n platvorm te skep vir vrouens om een keer ‘n maand te kom prosesseer wat in hulle lewens aangaan. Die groep is spesifiek gerig op vrouens wie gehoor wil word deur ander wie kan verstaan. Dit is nie ‘n intense terapie groep nie en is nie bedoel vir dames wie intense terapeutiese insae soek nie. Dit is meer vir vrouens wie wil praat oor wat aangaan, gesien wil word vir wie hulle is in die geharwar van die lewe en vir die wie hulle hiermee kan vereenselwig. Dit is dikwels van goeie waarde om te verneem hoe ander ons situasie sien. Deur gehoor te word en ons situasie na ons toe gereflekteer te kry, voel ons ligter en is beter in staat om gepas op die lewe te situasies wat ons andersins stom sou gelaat het.

‘n Maksimum van 4 persone kan geakommodeer word. Ons ontmoet in my kantoor op die laaste Donderdagaand van die maand vanaf 19h00 tot 21h00. Die koste beloop R200 per persoon per sessie.

GROEPSTERAPIE VIR VERSLAWING

Hierdie groep is spesifiek vir verslaafdes in herstel (recovery) van enige vorm van versalwing. Die sluit beide chemiese (dwelms en alkohol) sowel as proses (kos, liefde, seks en skerms) versalwing in.

Die groep bestaan nie op die oomblik nie; ek probeer dit tans op die been bring. Sodra ons 3 mense het wie belangstel, sal ons die groep begin. Ek beoog om die groep kleinerig en persoonlik te hou, sodat alle lede vir 2 ure goeie aandag kan ontvang. Hierdie is ‘n terapeutiese groep. Ons sal begin deur in te check en terugvoer aan mekaar te gee. Ons sal ook gesprekke voer oor verskeie onderwerpe wat verband hou met verslawing. Die fokus is op herstel eerder as verslawing.

Ons sal elektronies ontmoet - tien teen een op Zoom. Verkieslik laat middag of wanneer dit almal die beste pas. Die koste beloop R200 per persoon per groep.

TERAPIE GROEP

Hierdie groep is spesifiek vir mense wie nie met verslawing sukkel nie, maar wie wel met sekere askpekte van hul lewens sukkel. Die groep word gebasseer op my boek, Life Anon: A 12-step guide to life for non-addicts.

Die groep bestaan nie op die oomblik nie; ek probeer dit tans op die been bring. Sodra ons 3 mense het wie belangstel, sal ek die groep begin. Ek beoog om die groep kleinerig te hou, sodat alle lede vir die 2 ure goeie aandag kan ontvang. Hierdie is ‘n terapeutiese groep. Ons sal begin deur in te check en terugvoer aan mekaar te gee. Ons sal dan deur Life Anon werk vir die res van die tyd en gesprekke geniet rondom dit vir ons opkom. Ek hoop om julle te help te verander hoe julle op die lewe reageer, sodat julle gelukkiger en vervullende lewens kan geniet.

Ons sal elektronies ontmoet - tien teen een op Zoom. Verkieslik laat middag of wanneer dit almal die beste pas. Die koste beloop R200 per persoon per groep.

Kontak my by freddie.rensburg@gmail.com of 083-321-2638 of maak gebruik van die kontakvorm op die webwerf om meer inligting te bekom of om op te teken.